Monday 2 April 2012

Goeie Vrydag klop aan jou deur


'n Lewe van geloof beteken nie 'n lewe sonder swaarkry nie. As jou swaarkry vir jou soos dood voel, onthou dit hou dikwels die belofte in van nuwe lewe.

So wil ons almal net deel in Opstandings Sondag, maar ons wil Goeie Vrydag se pyn en Stil Saterdag se doodse wag, vryspring.

As jy nog nie die gras platgesit het by jou kruis nie, dan gaan die Golgota kruis so ver voel soos wat Israel van Suid Afrika is.

Maak nie saak hoe ver of hoe naby die kruis vandag vir jou voel nie. Kies vandag Sy redding en bevryding en stap in Sy genade in vir 'n lewe wat nooit sal ophou nie.

Die wêreld is vol beloftes wat leeg is.
Die leë graf is vol beloftes wat vir altyd staan.

1 comment:

  1. dit is awesome..Die lee graf is vol beloftes wat vir altyd staan

    ReplyDelete