Thursday 29 March 2012

Wagter op die stadsmuur

Wagter op die stadsmuur, kyk asb ook binnetoe......
Ons kyk uit vir almal, probeer die "stad" beskerm en almal cover
Maak hierdie Lydenstyd jou siel seisoen en kyk bietjie binnetoe en luister
Bid woordlose gebede en gaan in God se stilte in
Hy wag daar vir jou

Dankie Jimi vir jou Stil Saterdag gebed poësie. Dit help ons om die grootste van grootste Christenfeeste se erns en impak vas te maak in ons harte -

Stil Saterdag
23 April 2011
Jimi le Roux

selfs in die doodse nag
wat langer duur as
vier en twintig uur
moet jy soms wag
die stilte van die graf
waar niks maar niks gebeur
verduur
die donker van die siel seisoen
self ondersoek en boete doen
Here waarom het U my verlaat?
sy dag kom seker soos die son
maar net so waar is daar
die wag : stil Saterdag

heilge stilte heers
op Sabbatsdag
as tyd nie langer tik
as God gaan rus en ek
en jy
moet
wag

No comments:

Post a Comment