Tuesday 6 November 2012

SKRYF


29 maande skryf ons naarstiglik

Skribbel skribbel

 
Ons skryf – maar die letters bly afval

die papier bly wit

Het die storie ‘n einde – as ons

nie eers verstaan hoe dit begin het nie……..

 
blanko bladsy waar is jou woorde?

Skeppeling waar is jou Skepper?

 
Gee tog net vir Hom die pen!

want...............

Jy kan nie spel nie en jou paragrawe is te lank

Sy letters sal op die bladsy bly – ewig bly

Sy storie het ‘n Hemelse einde - eintlik ‘n begin sonder ‘n einde....

 
Mensekind gee vir Hom die pen

Hy het jou storie lankal opgeskryf in die mooiste taal

Ja, daar is baie drama in jou storie en hoofstukke oor die doodsvallei

Maar Sy vulpen is vol kruisbloed

Sy Woorde klou aan die papier
 

So skryf Sy kinders saam met Hom

Getuigskrifte deurvlek van Hoop

Deurspek met Genade!

 

No comments:

Post a Comment