Tuesday 14 February 2012

Ons bid vir Heidi en Stefanus

Here, ons tree in as vriende en mede koningskinders vir Heidi en Stefanus wat U nou dringend en baie nodig het. Ons gebede gaan soos wierook op na U troonkamer. U Woord sĂȘ dat wat ons ookal in U Naam vra, dit sal U doen en gee.

In die Naam van Jesus bevestig ons dat U in beheer is, dat U teenwoordig is by, in en om Heidi en Stefanus. Ons bid Jesus se bloed en krag van lewe oor hulle. Ons kanselleer enige verdere slegte nuus en "cover" hulle en die familie en vir Esme in U genade. Gee kalmte en geloof en bo alles herstel en genesing wat alle verstand te bowe sal gaan.

U koninkryk word verheerlik en U heiligheid bevestig in die wonderwerke en deurbrake in U kinders se lewens. Heidi en Stefanus, Hy hou julle vas. Amen

No comments:

Post a Comment