Saturday 7 April 2012

Stil Saterdag

Psalm 90, 16,17: Laat u werk vir u knegte sigbaar word en u heerlikheid oor hulle kinders. En laat die lieflikheid van die HERE onse God oor ons wees, en bevestig die werk van ons hande oor ons, ja, die werk van ons hande, bevestig dit!

"As 'n mens jou oog op die eindelose skoonheid van God laat rus, vind jy dat jy dit telkens nuut ontdek, en jy sien dit telkens weer as iets nuuts en vreemds in vergelyking met wat jy reeds ervaar het. So hou God nie op om Homself te openbaar nie, en ons hou nie op om onsself te verwonder nie. Ons begeerte om meer te sien, word nooit uitgeput nie, want waarvoor ons wag, is altyd meer betekenisvol, meer Goddelik, as alles wat ons reeds gesien het (Gregoruis van Nissa - 335-395)

Stil Saterdag gee ons kans om die groter stilte te soek. Anderkant gedagtes en anderkant onsself. Dan gaan dit nie oor ons gedagte oor God nie of ons ervaring van God nie, maar net oor God self.

Sheila Cussons se Gebed:

Hoe sal ek U ooit ken?
U is te naby, U is te ver,
U klewe aan my kyker vas,
wykende, wyderende ster -
en om u stersyn kring U ruim,
en om u ruimtes - Wie?
Die gees verleng tot laser, leng...
en brand deur Wie: deur wat: deur Nie...

dan snap ek die genade -
suiwerder as weet, duideliker as pyn -
van wyk dat ek moet nader,
altyd verder nader ..
O, Verborge Wonder,
Magneet, wat ek sal ken!

Die Woord, 'n voorvader van die mistiek en 'n digter gee ons 'n idee van God se heerlikheid en lieflikheid wat op 'n mistieke wyse herhaaldelik en telkens nuut in en om ons lewens geopenbaar word.

No comments:

Post a Comment