Thursday 9 February 2012

Jesus se liefde - volmaak en perfek

Eendag was daar 'n dogtertjie. Haar naam was Nicola. Sy is al vandat sy gebore is, spesiaal uitgekies. Jesus het 'n plan gehad met haar. Hy het dit so uitgewerk dat sy 'n splinternuwe oortjie op 10 jaar sou kry. Hy het haar gekies omdat hy geweet het sy sal geduldig wag vir hierdie nuwe oortjie. Hy het die beste dokter in die wêreld laat kry om haar nuwe oortjie te bou en aan te sit. Jesus het ook geweet dat Nicola nie sal omgee om 2 operasies te kry sodat haar nuwe oortjie perfek en volmaak kan wees nie.

So is Sy liefde vir Nicola en vir ons almal, ook perfek en volmaak. Ons moet ook partykeer hospitaal toe gaan of 10 jaar wag, maar Hy is altyd betyds om die beste vir ons te gee.

Nicola, jy inspireer ons.............

No comments:

Post a Comment