Thursday 2 February 2012

Spoorwegman se gebed

‘n Ou spoorwegman het op ‘n byeenkoms tot bekering gekom, en is gevra om te bid. Hy het ‘n oomblik geaarsel en toe eerbiedig met ‘n bewende maar helder stem gesê:
“O, Here, noudat ek die vlag gestryk het, bid ek U, neem my voete van die ruwe spoorbaan af en plaas hulle veilig bo-op die trein van redding. Laat wysheid my handlamp wees en die Bybel my hooflig. Laat die trein gekoppel wees met die sterk skakel van liefde. En, Hemelse Vader, hou alle wissels gesluit wat na sylyne uitdraai, veral die wat lei na ‘n doodloopspoor.
O, Here, as dit U wil is, laat elke sinjaal langs die lyne die witlig van hoop vertoon sodat ek die lewensreis kan aflê sonder om stil te hou. En, Here, laat die tien gebooie my rooster wees. En wanneer ek die reis volgens roostertyd afgelê het en in die groot donker stasie van die dood ingetrek het, mag die Superintendent van die heelal sê: “Mooi so, goeie en getroue dienaar, kom teken die betaalstaat en ontvang jou loon van ewige geluksaligheid.”

No comments:

Post a Comment