Prayers



Heidi en familie en Gobabis
Ons is hartseer saam met julle. Ons verstaan ook nie. Hoekom? Ons weet nie.
Al wat ons weet is dat Hy julle in Sy hand hou, Sy Vaderhart is seer saam met julle.
Al wat ons het, is Sy liefde en Sy Woord. Hou net daaraan vas, dis al.




**************


Heidi en Stefanus...
Here, ons tree in as vriende en mede koningskinders vir Heidi en Stefanus wat U nou dringend en baie nodig het. Ons gebede gaan soos wierook op na U troonkamer. U Woord sê dat wat ons ookal in U Naam vra, dit sal U doen en gee.

In die Naam van Jesus bevestig ons dat U in beheer is, dat U teenwoordig is by, in en om Heidi en Stefanus. Ons bid Jesus se bloed en krag van lewe oor hulle. Ons kanselleer enige verdere slegte nuus en "cover" hulle en die familie en vir Esme in U genade. Gee kalmte en geloof en bo alles herstel en genesing wat alle verstand te bowe sal gaan.

U koninkryk word verheerlik en U heiligheid bevestig in die wonderwerke en deurbrake in U kinders se lewens. Heidi en Stefanus, Hy hou julle vas. Amen


**************


Eendag was daar 'n dogtertjie. Haar naam was Nicola. Sy is al vandat sy gebore is, spesiaal uitgekies. Jesus het 'n plan gehad met haar. Hy het dit so uitgewerk dat sy 'n splinternuwe oortjie op 10 jaar sou kry. Hy het haar gekies omdat hy geweet het sy sal geduldig wag vir hierdie nuwe oortjie. Hy het die beste dokter in die wêreld laat kry om haar nuwe oortjie te bou en aan te sit. Jesus het ook geweet dat Nicola nie sal omgee om 2 operasies te kry sodat haar nuwe oortjie perfek en volmaak kan wees nie.

So is Sy liefde vir Nicola en vir ons almal, ook perfek en volmaak. Ons moet ook partykeer hospitaal toe gaan of 10 jaar wag, maar Hy is altyd betyds om die beste vir ons te gee.

Nicola, jy inspireer ons.............






**************