Thursday 13 June 2013

Ewige reis



Here,  hierdie reis se spore lê nog vars, herinner my asb aan dit wat ek moes leer!
 
REIS VERHAAL

 
In die ou tyd het mense wat graag gereis en geskryf het, reisverhale gepubliseer.  Deesdae kan die “travel channel” en “google” jou op enige reis vat.
 
Ek kan jou slegs vertel van ‘n onsigbare reis wat ek onderneem het.  Ek het nie foto’s om te wys nie, maar ek kan jou vertel hoe my hart besny is. 

Die Israeliete weet van woestyn reis en ek het altyd gewonder hoekom hulle so hardkoppig en terselfdertyd flou kon bly oor die doel van hulle reis. 

 Ek wou niks te doen hê met my woestynreis nie, veral toe ek uiteindelik agterkom dat ek in die middel van niks staan. 

My roetekaart was deurtrek van donker leuens.

 Verleentheid en skuldgevoel het aan my rugsak gehang en my bly aftrek in die stof.

 Ek het baie gestop om te bid. Ek het die jare ingeskryf by die Woord verse in my Bybel.  Partykeer het ek vol hoop gestap, ander kere neergeplof in die sand en stof.

 MAAR in hierdie woestyn was die water van die lewe in oorvloed!  Ek kon by verskeie fonteine stop waar die Heilige Gees Sy troos kon gee en my dors kon les.

 Fonteine van profetiese woord en groot doop, heeltemal buite my gemaksone, maar ek was so gereed daarvoor. 

 Eers toe kon ek my hart in my hande uithou na Jesus en Sy koninkryk ontvang.  Eers toe kon al die nodige aardse “kruideniersware” bygevoeg word.

 As jou lewe vir jou soos ‘n raaisel voel, raak maar solank opgewonde en was en stryk jou feesklere!

 Ek het nou nie meer ‘n kruidenierslys gereed vir my gesprekke met my Koning nie.  Al wat ek heeltyd wil weet is:

Wat is U begeerte vir my,

Wat het U in gedagte vir my?

U wil is my vrede

Here, gee my wat U van my vra

Vra my dan enigiets

In my rugsak is nou net kosbare skatte van gehoorsaamheid, oorgawe en ‘n vaste hoop.

 Dankie Jesus dat U vir my ‘n stukkie van die hemel kom wys het.  Ek het my naam in U handpalm gesien.  Ek het gesien hoe U glimlag en my naam vir my wys.  En toe het U met my gedans.....

 
“Oh will You dance with me

Oh lover of my soul

To the song of all songs!”

 EK STAP NIE MEER NIE, EK DANS!

No comments:

Post a Comment